Lees ook: Tyd om kommentaar te lewer op ‘spioenasiewet’ verleng
KALIFORNIЁ. – ‘n Vrou is in Kalifornië in hegtenis geneem na sy glo Stanley Cups ter waarde van $2 500 gesteel het.
Die vrou (23) is deur werkers by die winkel voorgekeer, maar sy het geweier om te betaal en het die bottels in haar kar gaan gooi. Sy is deur die verkeerspolisie voorgekeer en haar voertuig is deursoek. Altesaam 65 van die bottels is in haar voertuig gekry.
Stanley Cups (‘n soort herbruikbare waterbottel) het vreeslik gewild begin raak op TikTok. Verskeie insidente waar mense dit probeer steel, is al aangemeld.
Bronne: BBC, Mail Online, NBC News
Lees ook: Tyd om kommentaar te lewer op ‘spioenasiewet’ verleng



