Lees ook: Vyf uit een familie vermoedelik vermoor
MGODINI. – Twee verdagtes is in hegtenis geneem vir die moord op ’n familie van Mgodini.
Philani Shezi (39) en Siphesihle Xulu (24) het vandag in die Pietermaritzburg-landdroshof verskyn, elkeen op vyf aanklagtes van moord en roof.
Xulu het sy borgaansoek laat vaar en Shezi sal op 7 Februarie weer in die hof wees vir sy borgaansoek.
Die vyf lede van die Gumede-familie – ‘n bejaarde vrou, haar dogter en dié se drie jong kinders – is verlede week met ’n byl doodgekap.
Bronne: SAPD
Lees ook: Vyf uit een familie vermoedelik vermoor



