Agnes Setshwantsho bly in die tronk, geen borg

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Agnes Setshwantsho vind na verwagting vandag uit oor borgaansoek

MAHIKENG. – Agnes Setshwantsho sal in die tronk bly na haar borgaansoek in die Molopo-landdroshof afgekeur is.

Setshwantsho het na bewering haar niggie doodgemaak vir haar R3 miljoen lewensversekering. Sy is ook die hoofverdagte in die moord van haar seun. Die dood van haar man, dogters en broer word ook ondersoek.

Dit is bevind Setshwantsho is ’n vlugrisiko en sy het nie uitsonderlike omstandighede voorsien wat die hof sou oortuig om haar vry te laat nie.

Die saak teen Setshwantsho is tot Maart uitgestel.

Bronne: The Citizen, IOL, Jacaranda FM

Lees ook: Agnes Setshwantsho vind na verwagting vandag uit oor borgaansoek