Lees ook: Pakistan val Iran uit wraak aan
DURBAN. – Ses verdagtes is vanoggend oorlede na ‘n skietery met die polisie in Inanda.
Drie verdagtes is in hegtenis geneem. Die polisiewoordvoerder het gesê die polisie het inligting ontvang oor verdagtes wat vir moord, sakeroof, huisbraak en kaping gesoek word.
Hulle is na ‘n woning in Inanda waar die verdagtes op die polisie begin skiet het. Drie vuurwapens, ‘n voertuig wat in Desember gekaap is en ammunisie is gevind.
Die verdagtes sal na verwagting binnekort in die hof verskyn.
Bronne: IOL, EWN, SABC, Briefly
Lees ook: Pakistan val Iran uit wraak aan



