eThekwini-munisipaliteit gaan mummie van Egiptiese hoëpriester terugstuur

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Pakistan val Iran uit wraak aan

DURBAN. – Die eThekwini-munisipaliteit sal na verwagting die mummie van die hoëpriester Peten-Amun (Ptn-Imm) na ‘n museum in Kaïro terugstuur.

Die mummie van Peten-Amun is tussen 1889 en 1910 deur die Durban-museum gekoop.

Dit sal in die 2024/2025- finansiële jaar gerepatrieer word. Die stad het op dié stap besluit ná ’n deeglike ondersoek om uit te vind hoe dit in SA se besit gekom het.

Dit is nog onbekend hoe die mummie hier beland het. Peten-Amun en sy kis word dateer na die vroeë Ptolemaic-periode. Die mummie is in Akhmin gevind, omtrent 354 kilometer van Kaïro in Egipte.

Bronne: IOL, Jacaranda FM, The Citizen

Lees ook: Pakistan val Iran uit wraak aan