Pakistan ook geteiken in Iranse aanval, kinders oorlede

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: VSA val vier Hoethi-teikens aan, Iran val Israeli ‘spioenasiebasis’ in Irak aan

PAKISTAN. – Pakistan het bekend gemaak twee kinders is oorlede en drie mense is beseer na Iran gister teikens van Jaish al-Adl (“weermag van geregtigheid”) aangeval het.

Iran het gesê hulle het twee teikens in Pakistan aangeval wat na bewering verbind is aan die militante groep, Jaish al-Adl.

Iran het ook die week teikens in Irak en Sirië aangeval om Israel se Mossad en “terreurgroepe” in Sirië te straf.

Pakistan het gesê die “onwettige aanval” sal tot “ernstige gevolge” lei.

Bronne: BBC, IOL, Sky News

Lees ook: VSA val vier Hoethi-teikens aan, Iran val Israeli ‘spioenasiebasis’ in Irak aan