Israel en Hamas bereik ooreenkoms oor hulp in Gaza

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: VSA val vier Hoethi-teikens aan, Iran val Israeli ‘spioenasiebasis’ in Irak aan

GAZA. – Israel en Hamas het ‘n ooreenkoms met die hulp van Katar en Frankryk bereik om hulp in Gaza toe te laat.

Hamas sal medisyne deurlaat na die Israeliese gyselaars en in ruil sal Israel basiese noodsaaklike humanitêre hulp in Gaza toelaat. Toestande in Gaza is haglik na drie maande se bombardering deur Israel.

Daar is na bewering nog 132 Israeliese gyselaars in Gaza wat op 7 Okotber ontvoer is tydens Hamas se aanval op Israel. Israel is bekommerd dat van die vroue moontlik verkrag is en swanger is. Van die gyselaars wat vrygelaat is het gesê van die vrouens is tydens aanhouding verkrag.

Bronne: BBC, Daily Mail, The Irish News

Lees ook: VSA val vier Hoethi-teikens aan, Iran val Israeli ‘spioenasiebasis’ in Irak aan