Brandstofprys styg na verwagting in Februarie

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Laat toets jou gehoor GRATIS by sekere Spec-Savers-takke 

Onlangse inligting van die Sentrale Energiefonds dui op ’n styging in die prys van diesel en petrol in Februarie.

Die prys van beide 93- en 95-loodvrye petrol kan met tussen 11 en 14 sent per liter styg. Diesel kan tot 9 sent per liter meer kos. Paraffien is die enigste brandstof waarvan die prys moontlik met 3 sent per liter sal daal.

Die pryse kan voor die amptelik aankondiging aan die einde van die maand verander.

Bronne: eNCA, ECR, BusinessTech

Lees ook: Laat toets jou gehoor GRATIS by sekere Spec-Savers-takke