Hoethi-rebelle val VSA-vragskip naby Jemen aan

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: VSA sê Hoethi-rebelle het vuurpyl op oorlogskip afgevuur

JEMEN. – Hoethi-rebelle het gister ’n vuurpyl op ’n Amerikaanse vragskip naby Jemen afgevuur. Die rebelle het die Gibraltar Eagle aangeval na hulle aanval op ’n Amerikaanse oorlogskip Sondag gefnuik is.

Daar is geen beserings of skade aangemeld nie en die skip kon aangaan met haar reis. Die Hoethi-rebelle val al vir maande vragskepe van die VK en VSA aan.

Die VK en VSA het verlede week Hoethi-rebelle in Jemen met Australië se ondersteuning aangeval.

Bronne: ABC News, Boston Herald, The Star

Lees ook: VSA sê Hoethi-rebelle het vuurpyl op oorlogskip afgevuur