AfriForum wil TV-lisensies laat skrap

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Hoethi-rebelle val VSA-vragskip naby Jemen aan

AfriForum wil hê TV-lisensies moet geskrap word of die SAUK moet geprivatiseer word. Die burgerregtegroep het reageer op die nuwe Wetsontwerp op die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie.

Die parlement het in Oktober die wetsontwerp vir kommentaar vrygestel. Dit stipuleer ’n nuwe befondsingsmodel moet binne drie jaar ontwikkel word om te verseker die befondsing vir die openbare uitsaaikorporasie kom van die staat af.

AfriForum het voorgestel die SAUK moet ’n privaat maatskappy word om die probleme met befondsing, korrupsie en wanbestuur op te los. Alternatiewelik moet TV-lisensies geskrap word.

Bronne: IOL, My Broadband, The Africa, Polity.org

Lees ook: Hoethi-rebelle val VSA-vragskip naby Jemen aan