Duitsland ondersteun Israel in volksmoordsaak

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Israel sê Suid-Afrika het die waarheid verdraai in volksmoordsaak

Den Haag.  – Duitsland het te kenne gegee dit sal intree in die volksmoordsaak om Israel te ondersteun. Suid-Afrika het Israel van volksmoord beskuldig in die saak wat tans in die Internasionale Geregshof aangehoor word.

Suid-Afrika het gevra die hof moet Israel beveel om alle militêre operasies in Gaza onmiddellik te staak. Albei kante het hulle sake gestel en die hof behoort binnekort tot ’n beslissing te kom.

Duitsland het aangekondig hulle gaan as ‘n derde party tot die saak toetree en het gesê hulle verwerp Suid-Afrika se aantygings teen Israel.

Die Duitse regeringswoordvoerder het gesê Hamas se doel is om Israel uit te wis terwyl Israel hom net verdedig teen Hamas se “onmenslike aanval”.

Namibië het Duitsland vir hulle standpunt veroordeel. Die president het gesê Duitsland moet hulle besluit om toe te tree heroorweeg.

President Geingob het gesê hulle kan nie Israel steun en daarmee opmaak vir die volksmoord wat in hulle koloniale verlede in Namibië plaasgevind het nie.

Bronne: IOL, JPost, BBC

Lees ook: Israel sê Suid-Afrika het die waarheid verdraai in volksmoordsaak