Lees ook: Suid-Afrika se volksmoordsaak teen Israel begin vandag in VN-hof
DEN HAAG. – Israel het gesê Suid-Afrika verdraai die waarheid in die volksmoordsaak voor die Internasionale Geregshof.
Suid-Afrika het Israel van volksmoord teen die Palestynse burgers in Gaza beskuldig. Hulle het ook die hof gevra om Israel te beveel om hul militêre operasies in Gaza op te skort.
Suid-Afrika het gesê Israel oortree die 1949-volksmoordooreenkoms. Die Suid-Afrikaanse prokureur Tembeka Ngcukaitobi het gesê Israel se “intensie” om volksmoord te pleeg is “duidelik uit die manier waarop die militêre aanvalle uitgevoer word”.
Hy het gesê Israel het ‘n plan om Gaza te “vernietig”, wat “uit die hoogste vlakke van die staat kom”.
Dit kan jare neem vir die hof om te beslis of Israel aan volksmoord skuldig is.
Bronne: BBC, EWN, CNN
Lees ook: Suid-Afrika se volksmoordsaak teen Israel begin vandag in VN-hof



