Agnes Setshwantsho se borgaansoek gaan vandag voort

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Agnes Setshwantsho die week weer in die hof

MAHIKENG. – Die vermeende moordenaar, Agnes Setshwantsho se borgaansoek gaan vandag voort.

Setshwantsho word aangekla van moord, bedrog en regsverydeling. Sy het glo verlede jaar haar niggie doodgemaak vir haar lewensversekeringsgeld. Setshwantsho is die hoofverdagte in haar seun se moord terwyl die dood van haar man en dogters ook ondersoek word.

Sy het gister in die hof verskyn waar die staat haar borgaansoek teengestaan het. Daar is aangevoer sy is ’n vlugrisiko.

Bronne: EWN, The Africa, News24

Lees ook: Agnes Setshwantsho die week weer in die hof