Lees ook: Nog aanklagtes sal glo teen Agnes Setshwantsho gebring word
MAHIKENG. – Die vrou wat glo haar familielede vermoor het vir lewensverskering sal die week weer in die hof verskyn.
Setshwantsho sal weer op 11 Januarie vir haar borgaansoek in die hof verskyn. Die staat sal weer sers. Keshi Mabunda ondervra na die verdediging hulle kruisverhoor voltooi het. Die tweede getuie van die gevangenis waar Setshwantsho aangehou word, sal ook ondervra word.
Setshwantsho word aangekla van moord, bedrog en regsverydeling. Sy het glo haar niggie vermoor vir R3 miljoen se lewensversekering.
Setshwantsho is ook nou die hoofverdagte in die moord van haar seun. Sy het vir R6 miljoen laat verseker.
Haar man en twee dogters is ook onder vreemde omstandighede oorlede.
Bronne: IOL, News24, Sunday World
Lees ook: Nog aanklagtes sal glo teen Agnes Setshwantsho gebring word



