Bejaardes by sorgsentrum aangeval

Deel hierdie storie / Share this story

VRYSTAAT. – Bejaardes wat in die Sonskyn-dienssentrum op Betlehem tuisgaan, is Saterdagoggend vroeg deur booswigte aangeval.

AO Mmake Mophiring sê na bewering het die bejaardes geslaap toe twee verdagtes hulle oorval het.

Die bejaardes is van hulle selfone, ‘n trouring en ‘n goudkleurige Polo Vivo, registrasienommer HJK 686 FS, beroof.

Nog geen inhegtenisnemings is gemaak nie. ‘n Saak van huisroof word deur die polisie ondersoek.

Bron: SAPD

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel