Vermeende mensehandelaars bly in aanhouding, saak uitgestel

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Kimberley werk saam om klere en kos aan slagoffers van vermeende mensehandel te gee

KIMBERLEY. – Die saak teen ’n man en vrou wat na bewering 14 kinders probeer verhandel het, is tot Donderdag in die Kimberley-distrikshof uitgestel.

Die beskuldigdes, albei van Zimbabwe, het verlede week hulle eerste verskyning in die hof gemaak. Die beskuldigdes was vroeër die maand op ’n bus van Midrand na Kaapstad met die 14 kinders toe ’n passasier die polisie in Kimberley gebel het.

Hulle het die beskuldigdes in hegtenis geneem na hulle nie die verdagtes se weergawe kon verifieer nie. Die verdagtes het gesê hulle is op pad om die kinders na hulle ouers in Kaapstad te neem. Die kinders, tussen ses en 14 jaar oud, was vuil en honger en het geen bagasie gehad nie.

Daar word verwag die verdagtes sal Donderdag aansoek om borg doen.

Bronne: EWN, Sunday Worl, DFA

Lees ook: Kimberley werk saam om klere en kos aan slagoffers van vermeende mensehandel te gee