Gold One-mynwerkers weer bogronds

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Gold One-staking nou gyselaarsituasie – Mantashe

SPRINGS. – Die mynwerkers wat vir vier dae met ‘n staking ondergronds gebly het, het gister die myn verlaat.

Meer as 400 Gold One-mynwerkers het betoog teen werkers wat na ‘n soortgelyke situasie in Oktober afgedank is.

Die polisie is Sondag na die myn ontbied na minstens 70 bestuurders en kontrakteurs glo teen hulle wil aangehou en aangerand is.

Gwede Mantashe, minister van minerale hulpbronne, het gesê ‘n kriminele saak is by die polisie aangemeld.

Die mynwerkers het glo gesê hulle het nie genoeg kos ondergronds gehad nie en dis waarom hulle uitgekom het.

Bronne: The Citizen, 702, SABC

Lees ook: Gold One-staking nou gyselaarsituasie – Mantashe