NOORDWES. – ‘n Ma (39) is Vrydagoggend vroeg tydens ‘n beweerde huisroof in Jan Mareestraat op Hartebeesfontein doodgeskiet.
Kapt. Aafje Bothma sê twee verdagtes het toegang tot die huis verkry deur ‘n glasdeur oop te breek.
Bosman is in haar slaapkamer in die bors geskiet en het op die toneel gesterf. Haar tienerdogter (15), wat die aanval op haar ma moes aanskou, kon daarin slaag om van die toneel te vlug.
Selfone is tydens die insident gesteel, waarna die verdagtes gevlug het. Nog geen inhegtenisnemings is gemaak nie.
Die polisie ondersoek sake van moord en huisroof.
Die ma het Donderdag ‘n video van ‘n Linkinpark gedeel met die woorde: “When my time comes, forget the wrong that I’ve done, help me leave behind some reasons to be missed, don’t resent me and when you’re feeling empty, keep me in your memory, leave out all the rest.”
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



