Egpaar op kleinhoewe ‘aangeval’

Deel hierdie storie / Share this story

ONDERSTEPOORT, GAUTENG. – ‘n Vrou (63), haar man en hulle skoonseun is gister helder oordag op ‘n kleinhoewe, geleë op die hoek van Kiewietstraat en Soutpanpad in Onderstepoort, ‘n landelike gebied in die noorde van Pretoria, oorval. Beide was aangerand.

Adj.off. Johan van Dyk sê volgens rapportering het die vrou saam met haar man varkhokke skoongemaak. Hulle is deur ‘n groep van vyf verdagtes oorval, waarvan drie wat gewapen was hulle die hokke ingedwing het.

Na bewering is die man en vrou vasgebind, waarna die verdagtes glo ‘n selfoon van hulle gevat en ‘n bedrag van R75 000 uit hul rekening oorgeplaas het. Elektriese toerusting in die huis is in ‘n Ford Ranger en Ford Bantam wat aan die egpaar behoort, gelaai, waarmee die verdagtes gevlug het. Die totale waarde van die gebuite besittings is tans onbekend.

Twee van die verdagtes is deur die kleinhoewe-eienaars as hul werkers geïdentifiseer. Van die verdagtes het glo Shona gepraat. Al die verdagtes is na bewering Zimbabwiërs.

Een skoot is tydens die insident afgevuur. Die ondersoek, na wat by Pretoria-Noord as ‘n besigheidsroof/plaasaanval geregistreer is, duur voort.

Volgens ‘n betroubare bron was daar ses verdagtes betrokke en het een van die verdagtes, ‘n werker op die kleinhoewe, die vrou uit die huis gelok onder voorwendsel dat haar man haar soek. Die man is in die varkhok vasgebind en die vrou naby ‘n dam onderweg na die varkhok oorval. Die egpaar se skoonseun was ook tydens die voorval ‘n slagoffer. Voorts is ‘n meisie (5) van ‘n naburige kleinhoewe, wat deur een van die vroulike werkers op die geteikende kleinhoewe opgepas is, deur die verdagtes van die toneel ontvoer. Die kind se ouers weet tans nog nie waar sy is nie.

Cobie Jansen van Rensburg, van Sektor 3 Pretoria-Noord en GPF van die omgewing, sê die man en sy werker was in die varkhok besig waar hullle na bewering deur ‘n verdagte oorval, met ‘n wapen gedreig en toe in ‘n stoorkamer vasgebind is.

Die vrou wat in die huis was, is glo deur ‘n werker uit die huis gelok wat vir haar gesê het haar man het geval. Haar man het ‘n protesebeen en het al voorheen geval. Sy het haar dadelik na die varkhok gehaas. Sy is ook oorrompel en in die stoorkamer vasgebind. Die egpaar is beide in die stoorkamer aangerand.

Hul skoonseun wat aan ‘n kragopwekker gewerk het, is ook glo onder voorwendsel deur ‘n werker na buite gelok wat gesê het iemand wat ‘n kragopwekker wou koop wil hom sien. Hy is toe glo oor die kop geslaan en saam met sy skoonouers in die stoorkamer vasgebind.

Hierna het die verdagtes die vrou glo na die huis teruggeneem en weer aangerand en geld, bankkaarte, selfone, vuurwapens, waardevolle items en twee voertuie gesteel.

Omstreeks 13:00 het die dogter glo haar man probeer bel en die foon het reguit na sy stempos gegaan. Met die wat sy uit die huis gegaan het om ondersoek in te stel, het sy haar man geroep. Sy kon hom en haar ouers in die stoorkamer hoor roep. Sy het Jansen van Rensburg gekontak en van die aanval in kennis gestel.

Jansen van Rensburg het onmiddellik hulp na die adres gestuur. Sy het die GPF-patrolleerders, SAPD Pretoria-Noord, GAG Risk Solutions en AGK Sekuriteit vir hul spoedige hulp bedank.

“Two of the workers were involved, the robbery was well planned by the suspects, it’s wasn’t a spur of the moment robbery.”

*Die berig is sedert publisering opdateer.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel