Tienerseuns vir ‘verkragting’ op skoolperseel in hegtenis geneem

Deel hierdie storie / Share this story

VRYSTAAT. – Twee tienerseuns (14) is vir die beweerde verkragting van ‘n meisie (12) op ‘n skoolperseel in Kgotsong, Bothaville, in hegtenis geneem.

Kapt. Stephen Thakeng sê ‘n video van die voorval word op sosiale media versprei. Die dogter se ma het ‘n saak van verkragting aangemeld.

Polisielede verbonde aan GKS-Welkom en die eenheid vir kinderbeskerming en seksuele oortreding onder leiding van lt.kol. Bizzah Ntsiane het die insident opgevolg.

Die seuns, beide 14 jaar oud, is vir verkragting in hegtenis geneem, waarna hulle aangekla is. Hulle is daarna in die sorg van hulle ouers vrygelaat. Die twee seuns sal Maandag in die Bothaville-landdroshof verskyn.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel