Plaaswerker tydens ‘huisroof’ beseer

Deel hierdie storie / Share this story

LIMPOPO. – ‘n Plaaswerker van Longridge-plaas langs die Letsitelevallei-hoofpad in die Mopani-distrik is Sondag tydens ‘n beweerde huisroof beseer.

Brig. Hlulani Mashaba sê die werker het geslaap toe hy deur twee mans in sy kamer oorval is. Een van die verdagtes was met ‘n mes en die ander met ‘n staalpyp gewapen.

Na bewering het die verdagtes gedreig om die werker met die mes te steek, waarna hulle fisies baklei het. Die plaaswerker is met die staalpyp geslaan, waarna hy sy bewussyn verloor en inmekaargesak het.

Veiligheidstewels, ‘n warmplaat, werkklere, ‘n DVD-speler, kruideniersware, skoolsak met klere en ‘n onbekende bedrag geld is gesteel, waarna die verdagtes van die toneel gevlug het.

Die slagoffer is vir mediese behandeling na die Letaba-hospitaal geneem.

‘n Saak van huisroof word deur die polisie ondersoek.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel