Lees ook: Man in hegtenis wat glo sy vrou op Vrystaatse plaas doodslaan
BELA-BELA. – ’n Meisie (15) is Saterdag in ’n kerk verkrag.
Die meisie en ’n seun (ook 15) was in ’n oop veld toe twee onbekende mans hulle genader het. Een man het glo ’n wapen uitgehaal en hulle gedwing om by die kerk daar naby in te gaan. Die verdagtes het die twee tieners se selfone gesteel. Die seun is glo met ‘n vuurwapen oor die kop geslaan en die meisie is glo deur die twee mans verkrag.
Die verdagtes het te voet gevlug, maar is steeds nie in hegtenis geneem nie.
Bronne: IOL, TimesLIVE, The Africa
Lees ook: Man in hegtenis wat glo sy vrou op Vrystaatse plaas doodslaan



