Leerder se selfdood na ‘boeliery’ deur regsfirma ondersoek

Deel hierdie storie / Share this story

GAUTENG. – Sibusiso Mbatha, ‘n gr. 6-leerder van Laerskool Khehlekile in Tokoza, se dood word deur ‘n onafhanklike regsfirma ondersoek na hy Maandagaand selfdood gepleeg het deur homself te hang as gevolg van beweerde boeliery by die skool.

Steve Mabona, woordvoerder vir die onderwysdepartement in Gauteng, sê Matome Chiloane, die LUR van onderwys in die provinsie, besoek vandag die skool om die regsfirma aan die skoolbestuurspan en die Mbatha-familie voor te stel.

Die onafhanklike regsfirma gaan die omstandighede van Mbatha se dood ondersoek.

FiND iT het voorheen soos volg berig:

Neem kennis – belangrike nommers by berig ingesluit

GAUTENG. – Sibusiso Mbatha, ‘n gr. 6-leerling van Laerskool Khehlekile in Thokoza in Ekurhuleni se liggaam is Maandagaand gevind waar hy homself tuis in die badkamer gehang het. Sy selfdood kom te midde van beweringe dat hy glo by die skool geboelie was.

Steve Mabona, woordvoerder van die onderwysdepartement in Gauteng, sê ‘n interne ondersoek na die beweringe is geloods. Die polisie ondersoek ook die omstandighede van die leerder se selfdood.

Berading is deur die onderwysdepartement verskaf.

Matome Chiloane, LUR vir onderwys in Gauteng, het simpatie aan die hartseer familie en skoolgemeenskap uitgespreek. Die LUR besoek vanoggend Sibusiso se familie.

Soos wat die jaar na ‘n einde toe staan en mense om verskillende redes deur moeilike tye gaan, is dit belangrik om na jou eie en jou geliefdes se gemoedstoestand op te let.

Indien jy jouself in ‘n posisie bevind waar jy nie weet hoe om vorentoe te gaan nie, kan jy by verskeie organisasies regdeur die dag of nag aanklop.

Belangrike nommers:

SADAG Mental Health Line
011 234 4837

Suicide Crisis Line
0800 567 567

Stop Gender Violence Helpline 0800 150 150 24 hours

Akeso Crisis Helpline 0861 435 787 24 hours

Love Life 0800 121 900

Department of Social Development Substance Abuse Line 24hr helpline
0800 12 13 14 SMS 32312

University of Cape Town Helpline
0800 24 25 26
24 hours

University of Pretoria Student Careline
0800 747 747
24 hours

Tshwane University of Technology Student Helpline
0800 68 78 88
24 hours

University of Western Cape Student Helpline
0800 22 23 33
24 hours

Discovery Medical Students & Young Doctors Helpline
0800 323 323
24 hours

Dr Reddy’s Help Line
0800 21 22 23

Cipla 24hr Mental Health Helpline
0800 456 789

Pharmadynamics Police &Trauma Line
0800 20 50 26

Adcock Ingram Depression and Anxiety Helpline
0800 70 80 90

ADHD Helpline
0800 55 44 33

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel