Waarskuwing! Kru taal en grafiese inhoud!
Tragic Street Race Ends in Devastating Crash
— SA REPORTS (@MARIUSBROODRYK) October 24, 2023
Pretoria, Gauteng – 24 October2023
WARNING: STRONG LANGUAGE AND GRAPHIC CONTENT
A reckless street race on Voortrekker Road Gezina, 22-10-2023, in Pretoria took a tragic turn when a driver lost control, crashing into the sidewalk.… pic.twitter.com/Hg56KXr95x
GAUTENG. – Die berugte Steve Biko-rylaan, voorheen Voortrekkerweg, in die Moot van Pretoria en Wonderboompoort-polisiëringsarea, het weer Sondag sy tol met ‘n ongeluk en beserings geeïs.
‘n Video-opname en grafiese foto’s van Sondag se voorval, waartydens ‘n motor beheer verloor en ‘n ongeluk gemaak het, is op X (Twitter) gedeel. Dit wil voorkom asof die bestuurder van die motorvoertuig beseer is en ‘n omstander getref en ernstig beseer is.
Onwettige straatrenne is deur die jare in hierdie straat aan die orde van die dag met min antwoorde oor hoe om die probleem hok te slaan. Ten spyte van gru-ongelukke waartydens persone gedood word, beserings opgedoen word en skade veroorsaak word, lok hierdie onwettige aktiwiteite steeds hordes mense wat wil kyk of deel van die ren wil wees.
AO Johan van Dyk sê vir FiND iT daar is ‘n saak van roekelose en nalatige bestuur oopgemaak, wat deur Wonderboompoort-polisie ondersoek word.
@MARIUSBROODRYK van SA Reports het die volgende met die X-plasing gesê:
Tragic Street Race Ends in Devastating Crash Pretoria, Gauteng – 24 October2023 WARNING: STRONG LANGUAGE AND GRAPHIC CONTENT A reckless street race on Voortrekker Road Gezina, 22-10-2023, in Pretoria took a tragic turn when a driver lost control, crashing into the sidewalk. The driver was critically injured, prompting swift response from emergency services. This incident highlights the dangers of street racing, emphasizing the need for responsible driving. Authorities urge vigilance and adherence to traffic laws to prevent such devastating accidents.
FiND iT het Tshwane-metro vir kommentaar gevra.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel