Man gaan stap, sedertdien vermis

Deel hierdie storie / Share this story

Francois Johan Strydom (27) het op 13 April 2023 21:00 in Alberton, Gauteng vermis geraak.

Strydom was by die huis en het gaan stap, maar het nie weer teruggekeer nie. Hy het geen besittings saam met hom geneem nie.

Toe hy gaan stap het, was hy geklee in ‘n swart-en-geel baadjie, swart langmouhemp, swart denimbroek en wit seilskoene.

Hy het bruin hare en groenbruin oë, is 1.8 m lank en weeg 85 kg.

Uitkenbare merke is ‘n tatoe met die naam “Hayley” op sy regter binne-arm en rooi-en-swart bome op sy regterpols.

Enigiemand wat inligting het oor waar hy hom bevind, kan met die volgende persone in kontak kom:

Boksburg SAPD sers. Maphisa – 083 663 5449 of 011 960 0194

SACCW Debbie de Beer – 076 306 0836

SACCW Allan Cutten – 067 278 9720

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel