Ruan Jacobs (25) van Marlands, Primrose, Ekurhuleni, wat sedert Vrydag 17 Maart 2023 om 11:00 vermis geraak het, is dood gevind.
Chris Jacobs, sy pa, het die nuus aan FiND iT bevestig.
Hy noem dat sy seun se liggaam by die myndam gevind is en dat hy saam met polisie was toe hy gekry is.
Die familie word sterkte in die moeilike tyd toegewens.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



