Melanie Anne Stenger (56) wat Saterdag 28 Januarie 2023 om 13:00 vermis geraak het, se liggaam is gevind.
Sy het by SPAR Valyland, Vishoek, uitgestap en is nie weer lewendig gesien nie.
Samantha Grobbelaar het die hartseer nuus met FiND iT gedeel. Sy het bevestig dat haar ma nie aan natuurlike oorsake oorlede is nie, maar het ook gevra dat hul privaatheid gerespekteer moet word.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



