Parkeerplek glo oorsaak van petrolbomme, skietery, sterfte

Deel hierdie storie / Share this story

Gistermiddag het ‘n winkelhuurder ‘n winkel te Fountain Corner-winkelsentrum in Doleritestraat langs Middelburg Mall in Mpumalanga binnegestorm, petrolbomme gegooi en skote afgevuur oor wat blykbaar ‘n jarelange vete oor ‘n parkeerplek vir gestremdes is. Die man het later gesterf.

Judy May het aan FiND iT bevestig dat hulle okay is en tans besig met polisieverklarings en assessors.

Frikkie, die winkeleienaar van Jud’sies, het in ‘n Facebook-plasing gesê: “Baie dankie vir julle omgee, ons het baie skade, maar deur die Here se genade is ons nie raakgegooi met petrolbomme of raakgeskiet nie!”

Frikkie Kapp is ‘n bekende oud-rugbyspeler van die winkel Jud’sies en volgens Middelburg Observer was hy en Judy May, sy vrou, beide in die winkel toe die man binnegekom, twee petrolbomme na hulle gegooi en skote op hulle afgevuur het.

Die egpaar het in die agterkant van hul winkel geskuil en die vlamme geblus toe die aanvaller nie meer binne die winkel was nie, word berig.

Luidens Jud’sies se Facebook-blad is niemand raakgeskiet nie. “Jud’sies sal so spoedig moontlik weer reg wees, daar is maar nog baie dinge wat moet gebeur.”

Die man het, nadat hy hulle aangeval het, sy eie voertuig en winkel wat hy ook van die sentrum huur met petrolbomme bestook en aan die brand gesteek. Die aanvaller se verbrande liggaam is in sy eie winkel gekry.

Tydens die aanval is daar op nog mense geskiet. ‘n Man het ‘n spier beseer terwyl hy gevlug het en glo dit sou veel erger uitgedraai het indien die aanvaller se wapen nie gestoor het nie. Daar was op nog mense geskiet, maar niemand is beseer nie.

Slegs strukturele skade is as gevolg van die brande aangemeld.

Bron: Middelburg Observer

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.