Dis vandag presies ‘n week gelede wat twee matriekmeisies van KwaZulu-Natal met ‘n byl doodgekap is.
Amanda Zulu (18) en Minenhle Buthelezi (18) se lewens het nog voor hulle gelê voor hulle op 31 Julie ‘n gru-dood moes sterf.
Nonhlanhla Khoza, LUR van die KwaZulu-Natalse departement van maatskaplike ontwikkeling, het Dinsdag gesê ‘n jong man in sy 20’s het verlede week toegang gekry tot die twee meisies se huis in wyk 8 van die Ngwangwane- informele nedersetting.
Hulle is met ‘n byl aangeval en hulle ledemate afgekap.
Een van die meisies se liggame is in die huis gelos en die ander een se liggaam is vyf kilometer van die toneel af gevind.
Die 21-jarige verdagte is in hegtenis geneem. Lees die vorige berig hier.
“Ons is in pyn oor die twee jong vroue op dié manier moes sterf. Die aanval op weerlose leerlinge is totaal afskuwelik en ‘n weerspieëling van die ergste vorm van misdadigheid en die agteruitgang van morele waardes.”
Die gemeenskap is in rou oor die moorde ‘n dag voor Vrouemaand plaasgevind het.


Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



