All Blacks glo desperaat om Springbokke te klop

“Dit is eintlik nogal belaglik hoe genadeloos dit was en ek voel vir hulle,” het hy gesê voordat die span na Suid-Afrika vertrek het.

All Blacks is glo desperaat om te wen teen Springbokke

All Blacks is glo desperaat om te wen teen Springbokke foto: MSN

Die All Blacks is desperaat om terug te bons en hul kritici verkeerd te bewys wanneer hulle Saterdag die wêreldkampioen Suid-Afrika aandurf.

DIe All Blacks speel die naweek teen die Springbokke in die Mbombela-stadion in Nelspruit.

Sewe dae later gaan die twee spanne mekaar weer pak in Johannesburg in die openingsronde van die 2022-rugbykampioenskap.

Dit sal die All Blacks se eerste wedstryd in Suid-Afrika in vier jaar wees en die All Blacks gaan glo onder baie druk wees ná slegs een oorwinning in hul laaste vyf toetse.

Die hoofafrigter, Ian Foster, moes oproepe verduur om opsy te staan terwyl die Crusaders-baas klaar vertel het dat hy belangstel in Foster se pos.

Na hulle teen Ierland verloor het, is die hulpafrigters John Plumtree en Brad Mooar afgedank en die Crusaders se voorspeler-afrigter Jason Ryan is ingebring.

Skrumskakel Aaron Smith het gesê die kritiek van beide Foster en die All Blacks se kaptein, Sam Cane, was “seer”.

“Dit is eintlik nogal belaglik hoe genadeloos dit was en ek voel vir hulle,” het hy gesê voordat die span na Suid-Afrika vertrek het. Die geraas is die geraas. Die druk om die swart trui te dra, of dit af te rig, is groot.”

Maar Smith het ook gesê die All Blacks het ‘n groot kans in Suid-Afrika om hul kritici verkeerd te bewys.

“Daar is niks beter as die uitdaging om teen Suid-Afrika in Suid-Afrika te speel nie, Ons weet wat kom, en ons spelers moet ons kant bring en ons eie goed regkry,” het hy gesê.

Bronne: MSN, The South African, Jacaranda FM

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Gestrande jong walvis op strand doodgemaak

Skrywer:

Leave a Reply

Your email address will not be published.