KYK: Koningin se wag skree op toeris wat aan perd raak vir foto

Die video, wat intussen verwyder is, het ‘n groot opskudding op die internet veroorsaak.

KYK: Koningin se wag skree op toeris wat aan perd raak vir foto

KYK: Koningin se wag skree op toeris wat aan perd raak vir foto foto: IOL

Een toeris het op die harde manier geleer dat reëls nie bedoel is om oortree te word nie toe sy vir ‘n foto te naby aan ‘n koninklike wag se perd gekom het.

Sy het probeer om die leisels vas te gryp, maar dit was een te veel vir die wag wat vir haar geskree het: “Staan terug van die koningin se wag, moenie aan die leisels raak nie!”

Sy skielike reaksie het haar laat skrik en sy het vinnig teruggedeins.

Die video is op TikTok gedeel met die onderskrif: “Ons sal nooit na Londen terugkeer na hierdie voorval nie”, en het dadelik soos ‘n veldbrand versprei.

Die video, wat intussen verwyder is, het ‘n groot opskudding op die internet veroorsaak.

Voordat dit verwyder is, is dit reeds meer as 4,1 miljoen keer gekyk, het die Britse koerant die Evening Standard berig.

In reaksie op die voorval het ’n woordvoerder van die Britse weermag aan The Mirror gesê: “Ons neem alle voorvalle soos hierdie ernstig op en wil verseker dat almal wat Horse Guards besoek, ’n genotvolle tyd sal hê.

“Hierdie area is veral besig met toeriste en by geleenthede moet die soldate wat wagdiens doen hard skree om lede van die publiek te waarsku as hulle te naby aan die perde kom, wat in hierdie geval gebeur het.”

Die woordvoerder het ook bygevoeg dat tekens wat langs die perdebokse geplaas is, besoekers waarsku om nie te naby aan die perde te kom nie, aangesien hulle gebyt kan word.

Bronne: MSN, Pretoria News, Yahoo

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Historiese beeldmateriaal wys hoe orka nege voet withaai in Mosselbaai doodmaak

Skrywer:

Leave a Reply

Your email address will not be published.