Instagram-model amper dood aan VIGS na sy dekade lank nie toets nie

Die 27-jarige model was verbaas toe haar dokter vir haar sê die virus moes vir minstens agt tot tien jaar in haar sisteem gewees het.

Instagram-model amper dood aan VIGS na sy dekade lank nie toets nie

Instagram-model amper dood aan VIGS na sy dekade lank nie toets nie foto: MSN

’n 27-jarige Instagram-model Gena Tew, wat glo met talle mans verbind word, onthul dat sy amper aan vigs gesterf het nadat sy vir byna tien jaar nie vir die virus laat toets het nie.

Die TikTokker- en Instagram-model Gena Tew, wat met Nick Cannon en Chris Brown verbind word, het Maandag 25 Julie op haar TikTok-rekening beken dat sy nie weet hoe sy die MIV/VIGS-virus opgedoen het nie.

Gena Tew het gepraat oor haar ervarings in ‘n video wat op haar sosialemediarekeninge geplaas is en vir haar volgelinge gesê sy weet nie wanneer of hoe sy MIV opgedoen het wat tot haar huidige toestand gelei het nie.

Die 27-jarige model was verbaas toe haar dokter vir haar sê die virus moes vir minstens agt tot tien jaar in haar sisteem gewees het.

Die dokter vermoed sy moes MIV/VIGS opgedoen het toe sy ‘n tiener was, volgens sy skatting tussen die ouderdom van 17 en 19.

Die vermaaklikheidster het nie in die video bevestig dat sy enige intieme verhoudings het met enige bekendes wat sy beweer sy ken nie.

Tew het in ‘n vraag-en-antwoord-sessie met haar volgelinge erken dat sy nie gedurende ‘n tydperk van agt tot tien jaar vir MIV of VIGS getoets het nie en eers getoets is toe die simptome sigbaar geword het.

Sy het ook onthul dat sy verskeie kere verkrag is toe sy haweloos was en die virus kon opgedoen het toe sy in die strate van New York gewoon het.

Die 27-jarige TikTokker onthul ook dat sy voorheen gratis tatoeëermerke gekry het. Dis bekend dat MIV/VIGS deur naalde versprei kan word.

“Kon dit ’n vuil naald gewees het? Ek weet nie. Ken ek daardie mense? Nee. Het ek iets gesê toe daardie dinge gebeur het? Nee. Want ek was naïef en ek was dom en ek was jonk.”

Sy deel in die video dat haar gewig drasties gedaal het, sy het die vermoë om te loop verloor, sy is verblind in een oog en sy moes fisioterapie ondergaan net om haar liggaam weer in vorm te kry.

Bronne: MSN, The South African, Daily Wire

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Gr. 10-leerling in hospitaal na beweerde verkragting by inisiasieskool

Skrywer:

Leave a Reply

Your email address will not be published.