KYK: Man deur sinkgat in swembad ingesluk

Die eienaars van ‘n villa in Israel is vir nalatigheid in hegtenis geneem nadat ‘n man dood is nadat hy in ‘n sinkgat in hul swemband ingesluk is.

Die gat waarin Klil Kimhi (32) ingetrek is, is sowat 13 meter diep.

In ‘n selfoonvideo wat op sosiale media versprei word, kan mens sien hoe die water in ‘n groot gat wegvloei en opblaasvoorwerpe saamneem terwyl mense in swemklere geskok toekyk.

Die voorval het in die dorp Karmi Yosef, 40 km suidoos van Tel Aviv, Israel, plaasgevind tydens ‘n swembadpartytjie wat vir werknemers van ‘n privaat maatskappy gehou is.

Die egpaar, albei in hul 60’s, het Vrydag in die hof verskyn en is weer vrygelaat.

‘n Onbekende man het ‘n noue ontkoming gehad toe hy nader gegaan het om te kyk en agteruit gegly het. Hy kon dit regkry om op te staan en vermy om ook ingetrek te word.

Volgens Times of Isreal het reddingspanne sowat vier ure lank gespook om Kimhi te red. Reddingswerkers is met Go-Pro-kameras, valhelms en toue tot diep onder in die gat laat sak.

Die soektog is bemoeilik deur vrese dat  die sinkgat verder vertak en ‘n nog ‘n ineenstoring gaan veroorsaak.

‘n Steunstruktuur is deur reddingswerkers gebou om te keer dat die swembad se oppervlakte verder ineenstort voordat hulle die liggaam opgespoor het.

Die tweede man wat in die gat geval het, het slegs ligte beserings opgedoen.

Volgens ‘n ooggetruie het die watervlak ewe skielik begin daal en ‘n gat het oopgegaan wat ‘n draailok geskep het en die twee mense ingetrek het.

Skrywer:

Leave a Reply

Your email address will not be published.