Mynwerker se oorskot na twee jaar gevind

Whitlow se jongste seun was twee jaar oud ten tye van die gebeure.

Foto: Facebook

‘n Mynwerker se oorskot is gekry nadat ‘n wand op 17 November 2020 op die Gamsberg-oopgroefmyn by Aggeneys meegegee het.

Sy liggaam is Donderdag omstreek 16:00 gevind.

Op ‘n video wat Isaac Cloete op sosiale media geplaas het, word gewys hoe Chris Whitlow (44) se liggaam deur ‘n polisiewa weggeneem word terwyl mede-mynwerkers ‘n ewewag vorm.

Volgens ‘n verklaring deur die polisie gaan hulle nou met ‘n geregtelike doodsondersoek begin.

Whitlow was een van tien mynwerkers wat twee jaar gelede aan die onderkant van die groef vasgekeer was nadat ‘n geografiese fout veroorsaak het dat die westelike wand van die suidelike groef meegegee het.

Volgens ‘n verkaring deur die myn ten tye van die voorval, is agt van die werkers gered en een van die werkners Melvin Saal (45) se liggaam is twee dae later onder die puin gevind.

‘n Soektog is geloods, maar na 686 dae kon hul steeds nie Whitlow se liggaam opspoor nie.

Whitlow se jongste seun was twee jaar oud ten tye van die gebeure.

Hy word oorleef deur sy vrou, Ruwene, vyf kinders, sy ma en twee broers.

Sy begrafnisreëlings sal later bekend gemaak word.

Skrywer:

Leave a Reply

Your email address will not be published.