De Allende vra die ja-woord

Foto: Instagram

Die Springbok-rugbyspeler, Damian de Allende (30) is verloof.

De Allende het sy meisie van die afgelope drie jaar, Domenica Vigliotti, Vrydagaand gevra om te trou. Die paartjie het ‘n seuntjie, Gabriel James saam.

Vigliotti het die nuus op haar Instagram gedeel met ‘n foto van die paartjie en hul seuntjie op die strand in Kaapstad naby Milnerton waar De Allende grootgeword het.

“Ja vir altyd saam met my beste vriend,” lees die plasing.

Skrywer:

Leave a Reply

Your email address will not be published.