Styging van bykans R3 per liter brandstof en diesel verwag

Hierdie is egter slegs ‘n aanduiding van hoe brandstofpryse kan styg, sou dit vandag vasgestel word.

Volgens die jongste data van die Sentrale Energiefonds (CEF) kan die volgende stygings in brandstofpryse (gegrond op onderverhalings) op Woensdag 6 Julie 2022 verwag word. Die data is op 27 Junie 2022 geneem.

  • 95-oktaan-petrol: Styg met R2,60 per liter
  • 93-oktaan-petrol: Styg met R2,40 per liter
  • 0,05%-swael-diesel: Styg met R2,41 per liter
  • 0,005%-swael-diesel: Styg met R2,40 per liter
  • Paraffien: Styg met R2,52 per liter

Die 75c brandstofheffing, wat bygereken moet word, is ingesluit.

Die korting van R1,50 per liter op die brandstofheffing het net vir Junie gegeld, maar dié korting sal gevolg word deur ’n afwaartse aanpassing van 75c per liter vir die volgende maand (vanaf 7 Julie tot 2 Augustus).

Vanaf 3 Augustus sal jy weer die volledige R1,50-belastingheffing moet betaal.

Hierdie is egter slegs ‘n aanduiding van hoe brandstofpryse kan styg, sou dit vandag vasgestel word.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.

Skrywer:

Leave a Reply

Your email address will not be published.