Hier is die wêreld se lelikste hond!

Veeartse het aanvanklik gedink dat Mr. Happy Face weens sy swak gesondheid net ‘n paar weke oor het om te leef.

‘n Hond, genaamd Mr. Happy Face, is die naweek as die wêreld se lelikste hond tydens die jaarlikse World’s Ugliest Dog Contest aangewys.

Die kompetisie word jaarliks in Petaluma in die Amerikaanse deelstaat Kalifornië aangebied.

Mr. Happy Face, ‘n Chinese kuifkophond, het ‘n tong wat permanent aan die een kant van sy mond uithang en ‘n punk-haarstyl.

Nege ander honde het ook aan die kompetisie, waartydens Mr. Happy Face met die titel weggestap het, deelgeneem.

Die 41-jarige musikant, Jeneda Benally, beskryf haar hondekind as ‘n “oorlewende van mishandeling en verwaarlosing”. Hy het in haglike omstandighede by ‘n opgaarder gewoon voordat Benally hom verlede jaar uit ‘n diereskuiling aangeneem het..

Benally het tydens die kompetisie gesê sy het gedurende die pandemie gehoop om ‘n baba te hê of ‘n hond aan te neem en “aangesien ‘n baba ‘n daad van God is, het ek toe besluit om’n hond aan te neem.”

Veeartse het aanvanklik gedink dat Mr. Happy Face weens sy swak gesondheid net ‘n paar weke oor het om te leef.

“Liefde, vriendelikheid en mamma-soene het hom gehelp om die kort lewe wat ons almal verwag het hy saam met ons gesin sou hê, te oorleef.”

Honde van alle rasse en groottes word toegelaat om aan die kompetisie deel te neem.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.

Skrywer:

Leave a Reply

Your email address will not be published.