Twee ER24-paramedici sterf in vragmotorongeluk op N1

Beide paramedici, die bestuurder en die passasier is op slag dood in die ongeluk.

Twee ER24-paramedici is dood in vragmotorongeluk op die N1

Twee ER24-paramedici is dood in vragmotorongeluk op die N1 foto: MSN

Twee ER24-paramedici is Dinsdag in die vroeë oggendure in ‘n vragmotorongeluk op die N1 dood.

Volgens Russel Meiring, ER24-woordvoerder, het die ongeluk Dinsdag omstreeks 00:07 gebeur. “Op die 21ste Junie, omstreeks 00:07, is twee ER24-paramedici van die Polokwane-tak tragies dood toe hul ambulans in ’n stilstaande vragmotor op die N1-hoofweg naby die Codrington-afrit, Limpopo, vasgery het,” het Meiring gesê.

Hy het verder gesê dat die paramedici na hul tak terugkeer nadat hulle klaar was met die vervoer van ‘n pasiënt na ‘n hospitaal.

“ER24 sal nou saam met die betrokke owerhede werk om die oorsaak van die botsing te ondersoek. Ons betuig ons innige meegevoel aan die familie en vriende van ons ER24-broers en wens hulle vrede toe in hierdie moeilike tyd.”

Intussen het die LUR van vervoer en gemeenskapsveiligheid in Limpopo, Mavhungu Lerule-Ramakhanya, haar meegevoel aan die families van die twee paramedici oorgedra.

“Dit is ontstellend om wakker te word met die hartseer nuus van die afsterwe van noodwerkers wat in die uitvoering van hul pligte gesterf het. Dit is dieselfde mense op wie ons staatmaak om lewens op die paaie te red. Ons doen ‘n beroep op ons bestuurders om ekstra versigtig te wees en binne perke te ry,” het die LUR, Mavhungu Lerule-Ramakhanya, gesê.

Woordvoerder Mike Maringa het gesê beide paramedici, die bestuurder en die passasier is op slag dood in die ongeluk.

Bronne: IOL, MSN, Arrive Alive

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.

Lees ook: Anni Dewani se moordenaar op parool

Leave a Reply

Your email address will not be published.