Marno eet en drink weer

Klein Marno Muller wat in die hospitaal opgeneem is na hy per ongeluk by sy skool op ‘n glyplank aan sy kappiebaadjie gewurg het, het gister vir die eerste maal sedert die ongeluk weer self geëet en gedrink.

Hy hoef nou nie meer voeding deur ‘n voedingsbuis te kry waar hy in die kindersaal in die hospitaal opgeneem is nie.

FiND iT het oor die naweek berig dat Marno met behulp van ‘n fisioterapeut sy eerste tree gegee het nadat hy op 26 Mei in ‘n fratsongeluk was en by die kleuterskool aan sy kappiebaadjie op’n glyplank gewurg het. Hy was reeds blou en sonder ‘n hartklop toe die personeel by hom gekom het.

Hy het eers twee weke na die ongeluk wakker geword.

Volgens die Facebook-blad, Hemelse Pêrels NC, is die neuroloog tevrede met sy vordering.

“Hoe Groot is ons God!
Al die lof en eer kom U toe!
Helga Muller en pappa Rudi, ons loof God saam julle vanaand!

Skrywer:

Leave a Reply

Your email address will not be published.