Man vra ja-woord oor supermark se mikrofoon

Langs die gevriesde groente in die winkel gee die paartjie mekaar dan ‘n drukkie, hy sit die verloofring aan haar vinger en die kassiere klap almal hande.

(Foto: Middle East 24 News English)

(Foto: Middle East 24 News English)

‘n Italiaanse man het die naweek sy meisie in Venesië oor ‘n supermark se mikrofoon gevra om met hom te trou.

“My liefde, ek wil jou iets hier voor almal vra,” vra Salvatore Costarelli in die video wat op die Corriere del Veneto-koerant se webtuiste gedeel is. “Ek is lief vir jou. Jy is my lewe, en ek wil jou vra: Sal jy met my trou?”

Iemand in die winkel begin dan hande klap en die kamera beweeg dan na die vrou, wat skaam vanuit ‘n deel van die winkel naderbeweeg.

Langs die gevriesde groente in die winkel gee die paartjie mekaar dan ‘n drukkie, hy sit die verloofring aan haar vinger en die kassiere klap almal hande.

Dink jy daar is ‘n beter manier om jou meisie/kêrel te vra om te trou?

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published.