LUR van vervoer en lyfwagte in ernstige motorongeluk

Neliswa Peggy Nkonyeni, die LUR van vervoer, was gister in ‘n ernstige motorongeluk betrokke.

LUR Nkonyeni en haar lyfwagte was in ‘n ongeluk nadat ‘n band van die voertuig waarin hulle gery het, gebars het. Die ongeluk het op die R66 plaasgevind.

Die LUR het vroeër die dag met die premier en koning Misuzulu kaZwelithini vergader en was op pad na ‘n volgende vergadering toe die ongeluk gebeur het.

Premier Zikalala en die direkteur-generaal, dr. Nonhlanhla Mkhize, was die eerste persone op die toneel.

Die LUR word tans mediese geëvalueer en is by haar volle bewussyn.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published.