Kaapstadse onderwyser kry vyf jaar tronkstraf vir seksuele aanranding van leerder

’n Strafsaak teen Ntuthu is ook voorheen teruggetrek weens vertragings deur die vervolging.

Kaapstadse onderwyser tot vyf jaar tronkstraf gevonnis vir seksuele aanranding van 'n leerder

Kaapstadse onderwyser tot vyf jaar tronkstraf gevonnis vir seksuele aanranding van 'n leerder foto: MSN

’n Onderwyser wat ’n seun in 2017 by ’n Kaapse skool seksueel aangerand het, is tot vyf jaar tronkstraf gevonnis.

Dit is meer as vyf jaar ná die aanranding en Ayanda Ntuthu het vir die grootste deel van daardie tyd aanhou skoolhou by dieselfde skool.

Die seun wat hy aangerand het, het in dié tyd ’n leerder by die skool gebly en die onderwysdepartement het Ntuthu ook nie aangekla nie.

’n Strafsaak teen Ntuthu is ook voorheen teruggetrek weens vertragings deur die vervolging.

Ntuthu is op 18 Maart skuldig bevind aan twee aanklagte van seksuele aanranding. Hy is Dinsdag vir elke aanklag tot vyf jaar gevangenisstraf gevonnis, en dié sal gelyklopend loop.

Landdros Nontuthuzelo Ralarala het met die uitspraak van die vonnis gesê die hof moet Ntuthu se persoonlike omstandighede, die erns van die oortreding en die belange van die samelewing in ag neem.

“Die misdade is ernstig en die aard en voorkoms kan nie misgekyk word nie. Die verswarende faktor is dat jy nie net ’n kind seksueel aangerand het nie, maar jy het dit gedoen in jou hoedanigheid as ’n opvoeder in ’n skoolomgewing,” het Ralarala gesê.

“Jy het jou posisie as onderwyser misbruik. Jy het sy onskuld weggeneem – sy hele hoërskoolervaring bederf omdat hy in sy eerste jaar was toe die voorval gebeur het.”

In sy voorlegging het die verdediging aan die hof gesê Ntuthu (43) het ‘n driejarige kind en hy ondersteun beide die kind en sy ma wat in die Oos-Kaap woon finansieel. Hy ondersteun ook sy ouer suster (49), wat werkloos is, finansieel.

’n Verslag deur ’n proefbeampte het aanbeveel dat Ntuthu se vonnis opgeskort word “omdat hy nie ’n bedreiging vir die samelewing inhou nie en nie met enige bende geaffilieer is nie”, het die hof gehoor.

“Die hof kan nie hiermee saamstem nie,” het Ralarala gesê. “Hoewel ’n opgeskorte vonnis en rehabilitasie aanbeveel word, bevind die hof dat dit nie by die aard van die misdaad sal pas nie. Tronkstraf sal pas by die misdaad, die belange van die samelewing, en van jou (Ntuthu) ’n beter burger en beter rolmodel vir jou kind maak.”

Ralarala het ook aanbeveel dat die uitspraak aan die departement van basiese onderwys gestuur word.

Buite die hof het die leerder en sy tante gesê hulle is tevrede met die vonnis. Die tante, wat nie haar naam genoem wil hê nie, sê die familie voel verlig.

Bronne: Daily Maverick, MSN, Cape Talk

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.

Lees ook: FBI gevra om Cyril Ramaphosa te ondersoek oor bewerings van geldwassery

Leave a Reply

Your email address will not be published.