Britse man vas oor foto’s van kinders op strand

In Griekeland is dit onwettig om kinders sonder hul ouers se toestemming af te neem.

(Foto: SheKnows)

(Foto: SheKnows)

‘n Bejaarde man is op die Griekse eiland Santorini in hegtenis geneem na hy foto’s geneem het van jong kinders wat op die strand speel.

Die kinders se ouers het glo die man gesien terwyl hy besig was om die kinders, wat in baaikostuums gespeel het, af te neem.

Die ouers was bekommerd, het polisiebeamptes naby gesien en die saak aan hulle gaan rapporteer. Die polisie het die area deursoek en die man gekry. Hy is dadelik op grond van die beweringe in hegtenis geneem.

Volgens die Griekse koerant Protothema het die voorval Dinsdagmiddag plaasgevind. Die man is glo daarna na die polisiestasie geneem waar hy deur een van die kinders se ouers geïdentifiseer is.

In Griekeland is dit onwettig om kinders sonder hul ouers se toestemming af te neem.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published.