Rusland vonnis VSA-onderwyser tot 14 jaar vir daggasmokkelary

Fogel, wat in sy 60’s is, het sowat 17 g dagga in sy bagasie gehad toe hy op 15 Augustus 2021 op die Sheremetyevo-lughawe betrap is, het hy aan prokureurs gesê.

Rusland vonnis Amerikaanse onderwyser tot 14 jaar vir daggasmokkelary

Rusland vonnis Amerikaanse onderwyser tot 14 jaar vir daggasmokkelary foto: BBC

’n Russiese hof het ’n voormalige Amerikaanse diplomaat tot 14 jaar tronkstraf gevonnis vir “grootskaalse” daggasmokkelary.

Marc Fogel het voorheen by die Amerikaanse ambassade in Moskou gewerk, maar was ten tyde van sy arrestasie as ‘n Engelse onderwyser in die stad aangestel.

Fogel is gevonnis in dieselfde jurisdiksie wat ‘n dagga-verwante saak teen die Amerikaanse basketbalster Brittney Griner aanhoor.

Cannabis is wettig in baie dele van die VSA, maar bly onwettig in Rusland. “Die Amerikaanse burger Fogel is skuldig bevind,” het ‘n hof in die Moskou-voorstad Khimki in ‘n verklaring gesê.

Die nuusverklaring het gesê dat die Engelse onderwyser “grootskaalse dwelmsmokkelary” gepleeg het benewens “grootskaalse onwettige berging van dwelms sonder ’n kommersiële doel”.

Fogel, wat in sy 60’s is, het sowat 17 g dagga in sy bagasie gehad toe hy op 15 Augustus 2021 op die Sheremetyevo-lughawe betrap is, het hy aan prokureurs gesê.

Plaaslike owerhede het nie kommentaar gelewer oor die hoeveelheid dwelms wat Fogel by hom gehad het nie, maar Russiese wetgewing bepaal ‘n “groot hoeveelheid” dagga is minstens 100 g.

Fogel het gesê ‘n dokter het die middel om mediese redes voorgeskryf nadat hy ‘n rugoperasie gehad het, en dat hy nie bewus was mediese dagga is onwettig in Rusland nie.

Hy het skuldig gepleit op die smokkel, berging, vervoer, vervaardiging en verwerking van narkotiese middels, volgens die Russiese Interfax-nuusagentskap, en is gevonnis om sy tronkstraf by ‘n maksimum-veiligheidsstrafkolonie uit te dien.

As deel van die ondersoek het die polisie beeldmateriaal vrygestel van soektogte wat deur ondersoekers gedoen is by die Anglo-American School in Moskou, waar Fogel voorheen gewerk het.

Bronne: BBC, Washington Times

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.

Lees ook: Deel van liggaam spoel by Cuttings Beach, KZN, uit

Leave a Reply

Your email address will not be published.