Ma dagvaar TikTok ná dogter se dood oor sy ‘trend’ probeer

Die familie van ‘n 10-jarige dogter wat dood is na sy ‘n gevaarlike TikTok-trend probeer het, dagvaar nou vir TikTok en sy moedermaatskappy, ByteDance.

In hofdokumente wat deur PEOPLE bekom is, sê Tawainna Anderson dat sy haar dogter, Nylah, op 7 Desember bewusteloos in hulle huis gevind het.

Nylah het die “Blackout Challenge” probeer, waar persone uitgedaag word om hulle asem op te hou tot hulle flou word.

Die jong meisie is na ‘n plaaslike hospitaal geneem, maar is vyf dae later oorlede.

Anderson sê haar dogter het op TikTok op dié uitdaging afgekom.

TikTok sê weer dat dié uitdaging nooit ‘n “trend” op sy platform was nie.

Anderson sê haar dogter was ‘n “aktiewe, gelukkige, gesonde en baie intelligente kind” wat drie tale kon praat.

Leave a Reply

Your email address will not be published.