Man wat homself aan bejaarde ontbloot en seksueel aanrand, gevonnis

Mark Labuschagne (37), wat in September 2020 by Adler’s Nest Aftree-oord in hegtenis geneem is nadat hy homself aan ‘n 79-jarige vrou ontbloot het en ‘n 96-jarige vrou seksueel aangerand het, het Maandag 17 Januarie 2022 in die streekhof in Mosselbaai verskyn.

Volgens ‘n persverklaring deur die polisie is Labuschagne skuldig bevind aan drie aanklagtes wat verband hou met die oortreding van die Wet op Seksuele Misdrywe sowel as die Wet op Films en Publikasie, naamlik Seksuele Aanranding en Masturbasie in die openbaar, wat ‘n bejaarde vroulike slagoffer dwing om dit te aanskou en die besit van kinderpornografie.

Labuschagne het ten tye van die misdrywe as nutsman by die fasiliteit, buite Mosselbaai, gewerk.

Vorige oortredings

Sy werkgewer het dadelik die polisie gebel toe hy van die oortredings bewus geword het nadat een van die inwoners die werkgewer vertel het wat gebeur het.

Die polisie van die eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe het ook kinderpornografie op Labuschagne se selfoon gevind toe hy in hegtenis geneem is.

Landdros Francis Makamandela het tydens die voorlesing van vonnisoplegging gesê Labuschange het ‘n vorige skuldigbevinding aan verkragting, waarvoor hy in 2007 ‘n opgeskorte vonnis opgelê is. Sy ander vorige veroordelings sluit in die besit van dwelms.

Makamandela het gesê met betrekking tot die huidige saak het Labuschagne nie net vroue geteiken wat deur die samelewing beskerm moes word nie, maar ook bejaarde, hulpelose vroue, wat in die laaste jare van hul lewens is.

“Die land is in ‘n toestand van seksuele geweld en die families van die slagoffers is hartseer aangesien die slagoffers hulpeloos was.”

Kinderpornografie

Met betrekking tot kinderpornografie het Labuschagne aan die hof gesê hy het die foto’s by ‘n vriend in Groot-Brakrivier gekry.

Dit is nie bekend wie die kinders op die foto’s is, of waar die foto’s geneem is nie.

Die landdros het genoem dat ten opsigte van die kinderpornografiese beelde wat as bewysstukke ingedien is, dit duidelik was die jong meisies is aan seksueel dade blootgestel.

Kinders is kwesbaar

Makamandela het gesê die samelewing keur nie oortredings van hierdie aard goed nie en dat kinders kwesbaar is en beskerm moet word. Sy het gesê hoewel Labuschagne nie die die foto’s geneem het nie, het hy deelgeneem aan die verspreiding van kinderpornografie deur die foto’s vir sy plesier op sy selfoon af te laai, wat die slagoffer ‘n onderwerp maak vir die res van die wêreld om te sien.

Makamandela het hom tot effektiewe 15 jaar gevangenisstraf gevonnis.

Sy het die volgende opgelê: seksuele aanranding, vyf jaar gevangenisstraf, selfmasturbasie, drie jaar gevangenisstraf en vir die kinderpornografie sewe jaar gevangenisstraf en beveel dat die vonnisse nie samelopend moet uitdien nie.

Labuschagne het skuld beken op een aanklag van seksuele aanranding, een aanklag van die besit van kinderpornografie en een aanklag van “selfmasturbasie”.

Labuschange, wat tydens die vonnisoplegging gehuil het, is ook onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit, en ongeskik om met kinders te werk.

Leave a Reply

Your email address will not be published.