Maklike gammon-resep

Deel hierdie storie / Share this story

SUID-AFRIKA. – Soms klink dit soos ’n ingewikkelde taak om ’n gammon gaar te maak, maar dit is makliker as wat jy dink.

Hier is ’n maklike stap-vir-stap resep om ’n gammon, waarmee selfs jou skoonma tevrede sal wees, gaar te maak.

Bestanddele:

  • 1 ui
  • 3 wortels
  • 3 lourierblare
  • 6 peperkorrels
  • 1liter Ginger Ale (vul dit aan met water as dit lyk of dit wegkook)
  • 125 ml bruinsuiker
  • 125 ml appelkooskonfyt
  • 5 ml mosterdpoeier
  • naeltjies

Metode:

  1. Sny die ui en wortel in stukke, plaas in ‘n kastrol.
  2. Gooi die peperkorrels, lourierblare en Ginger Ale by die wortels en ui.
  3. Plaas jou gammon in die kastrol en kook die vleis 30 minute vir elke 500 g.
  4. Laat die vleis afkoel in die vloeistof.
  5. Sny nou die dik vel versigtig los van die vet met ‘n skerp messie.
  6. Sny die vet in ‘n diamantpatroon.
  7. Steek ‘n naeltjie in elke “diamant”.
  8. Meng die bruinsuiker, appelkooskonfyt en mosterd saam.
  9. Smeer die bruinsuiker-mengsel ruim oor die vleis.
  10. Plaas die gammon terug in die oond op 180°C vir om en by 30 minute of totdat die vleis mooi bruin is van die bedruipsel  – jy kan dit selfs ‘n rukkie onder die roosterelement van jou oond sit. Hou dop dat dit nie brand nie.

Bron: Marinda Kook

Marinda het tans twee resepteboeke, Marinda se Koskas en Marinda se Kinderkombuis met Sjef Sout en Prof. Pretzel, wat beskikbaar