’n Pa van Georgia is per ongeluk in sy huis deur ‘n kleuter doodgeskiet.
Die kleuter het glo die gelaaide geweer gevind, daarmee gespeel en die sneller getrek.
Dustin Walters (25) is op 5 Desember na die hospitaal gehaas nadat hy deur die polisie met ‘n skietwond gevind is.
Die polisie het om 17:30 ‘n oproep ontvang van ‘n skietery by die betrokke huis.
Walters is na die hospitaal gehaas, maar het aan sy beserings beswyk. Die polisie sê hy is “per ongeluk” deur ‘n kind onder die ouderdom van twee geskiet.
Die polisie het nie Walters se verhouding met die kind bevestig nie, maar Walters het ‘n eenjarige seun, Mars Cameron Walters, by sy vrou, Tori.
“Die voorlopige ondersoek het vasgestel Walters is gewond toe ‘n kleuter ‘n pistool gevind en afgevuur het. Die koeël het Walters getref, het die polisie gesê.
Besonderhede van die ondersoek wat met die voorval verband hou, is eers op 14 Desember bekend gemaak toe ondersoekers bevestig het ‘n kind was by die skietery betrokke.
Die ondersoekers het nie die tipe vuurwapen wat gebruik was bekend gemaak nie, maar het bevestig dat die slagoffer se familielede in die huis was toe die geweerskoot afgevuur is.
Dit is nie duidelik of enige naasbestaandes teregstaan op strafregtelike klagte rakende die skietery nie.
Walters is op 10 Desember in Rincon, Georgia, sy tuisdorp, begrawe. Hy word oorleef deur sy vrou, Tori en sy babaseun, Mars Cameron Walters.
“Ons harte gaan uit na die Walters-familie,” het Roy Minter, polisiehoof van Savannah, in ‘n verklaring gesê.
‘As ouer kan ek my nie indink waardeur hierdie gesin moet gaan nie. Ons wil nou seker maak ouers is bewus van hoe vinnig ‘n ongeluk kan gebeur.”
Volg FiND iT hier op Facebook.







