Angie Angelique Fourie (27), is gisteraand, 7 November in haar woonstel dood aangetref.
Awie Fourie, haar pa, het in ‘n ontstellende Facebook-boodskap geskryf sy dogter is vermoor en hy is op soek na haar eks-kêrel.
Haar buurman, wat nie sy naam genoem wil hê nie, het gisteraand gesien haar woonstel brand en het gaan ondersoek instel.
“Sy is op die vloer met ‘n steekwond in haar nek, asook merke op haar lyf, gekry. Dit wys sy is aangerand,” vertel Fourie aan FiND iT.
Fourie sê die polisie ontbied.
Angie het ‘n tweejarige dogtertjie, wat by haar woon.
Mike Bolhuis, privaat-ondersoeker, sê die paartjie het in ‘n bakleiery betrokke geraak by die Legends Sports Bar op Trichardt. “Die bakleiery het gewelddadig geraak by haar huis in die Terra Nova-kompleks. Die woonstel is in ‘n poging om bewyse uit te wis, aan die brand gesteek.”
Bolhuis sê Watson het hulle tweejarige dogtertjie ongeveer 23:30 by sy suster op Secunda afgelaai. Hy is nog nie weer gesien nie. ‘n Saak van moord is geopen. Bolhuis self is ook op soek na Watson vir meer inligting oor die saak.
Watson en Fourie het in 2020 hul verhouding beëindig waarna hy na sy ouers in die Tuinroete in die Wes-Kaap verhuis het, sê Botha.
“Hul verhouding was stormagtig, maar hulle het terwille van hul dogtertjie oor die weg probeer kom,” sê Fourie.

Watson het elke maand afgekom om ‘n week of twee met sy kind te kom spandeer. Fourie het onlangs glo iemand anders begin sien.
Fourie is tans op pad vanaf Durban na Secunda om sy dogter se liggaam te gaan uitken.
FiND iT het ‘n navraag by die polisie ingesit.



