VRYSTAAT. – Die polisie in Bethlehem soek hulp om ‘n vermiste seun, Morne Pelser (16), te vind nadat hy ‘n kinderhuis verlaat het.
Volgens beig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, is hdie seun laas op 23 Oktober 2021 in die Charlotte Theron-kinderhuis in Bethlehem gesien. Daar word berig dat hy die kinderhuis op ‘n fiets verlaat het.
Inligting gesoek na seun kinderhuis verlaat
Enigiemand met inligting oor die vermiste tiener word versoek om die Bethlehem-polisiekantoor by 058 307-5700 of konst. Mosikidi by die eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe by 082 375 6435, of Crime Stop by 08600 10111 te kontak.
LEES OOK: ‘Ons gaan haar kry, ons moet haar kry,’ sê vermiste 4-jarige se ouers
LEES OOK: Curro Heuwelkruin-leerders kniel en bid vir boeties se veiligheid
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



